OUDTSHOORN NUUS - Emerentia Witbooi van Spieskamp buite Oudtshoorn is gisteroggend, Woensdag 22 November, as gevolg van 'n grusame ongeluk op die plaas waar sy gewerk het, oorlede.
Alhoewel sy Oudtshoorn-hospitaal toe gejaag is per ambulans, is sy later daar dood verklaar.
Haar gesin is tans in rou gedompel.
Die presiese besonderhede van die ongeluk is nog nie duidelik nie.
Sodra nuwe inligting beskikbaar is, sal Oudtshoorn Courant dit bekend maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’