OUDTSHOORN NUUS - 'n Geliefde en bekende pilaar in die toerismebedryf, Johan Keller (61), is die afgelope naweek oorlede.
Keller was, saam met sy broer, Viljee, die mede-eienaar van die bekende volstruisskouplaas, Highgate. Hy en sy vrou, Louise, is die eienaars van De Denne Country Guesthouse en Klein Karoo Day Tours wat volstruistoere rondom Oudtshoorn en begeleide toere na die Swartberge aanbied. Hulle het vier kinders saam.
Corleen Barnard, bestuurder van die Oudtshoorn- en De Rust-toerismeburo, beskryf Keller as 'n ware heer wat geglo het in Oudtshoorn en die impak wat toerisme in 'n dorp soos Oudtshoorn kan maak.
Sy lewensviering vind Sondag, 24 Maart om 09:30 by die NG Kerk op Volmoed plaas.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’