Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS en VIDEO - Meer as 300 bejaarde atlete het Dinsdag 29 Augustus aan die Eden Goue Spele op die De Jagerssportgronde in Oudtshoorn deelgeneem.
Spanne van al sewe die Eden munisipale distrikte het in verskeie sportkodes en speletjies gekompeteer.
Die dag se sport is moontlik gemaak deur die Wes-kaapse regering se departement kultuur en sport.
Van die items waaraan deelgeneem is, sluit is verskeie baanitems, soos 500 meter stap, 100 meter draf, die draf en stap van langer afstande en aflos items. Die eendstap was ook baie gewild.
Velditems het jukskei en veral speletjies op die veld ingesluit.
Uit die wenners word nou 'n Eden goue span gekies, wat aan die Wes-kaapse Goue Spele sal deelneem.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
VIDEO & FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'