Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Goedgekeurde plakkaatbetoging onder leiding van raadslid Leon Campher, is tans voor Checkers in Hoogstraat aan die gang.
Die betoging is ter ondersteuning van 'n werker, wat vroeër aangevoer het dat 'n bestuurder van Checkers hom aangerand het.
Die kriminele klagte wat deur die betrokke werker gelê is, is ook laat vaar ingevolge die regsterme nolle prosequi.
Na ‘n interne tugverhoor is die betrokke bestuurder onskuldig bevind.
Die polisie en sekuriteit hou tans 'n wakende oog oor die verrigtinge.
VIDEO:
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’