Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn se 109 matrieks het almal geslaag.
Gimmies is een van slegs 3 skole uit die Eden/Sentraal-Karoostreek se 46 skole wat 'n 100% slaagsyfer behaal het. Van die 109 matrieks het 77% universiteitstoelating verdien en die skool se gemiddeld is 62,2% met 9 A-kandidate.
Die skool se top tien akademiese presteerders is almal meisies.
Die top drie is Anna-Mart Schutte, Helette du Plessis en Jané Venter.
Agt van Gimmies se top tien matrieks is, van regs in volgorde van posisies: Anna-Mart Schutte, Helette du Plessis, Jané Venter, Marizaan van Druten, Simoné Fourie, Carla Schoeman, Michelle Marra en Jessica Minnie. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'