OUDTSHOORN NUUS - 'n Toneelstuk van Langenhoven Gimnasium het in Julie en Augustus altesaam 18 medaljes (8 goud, 6 silwer en 4 brons) by twee toneelfeeste verower. Die toneelstuk Paulina se probleem is op 31 Julie by die Logan-toneelfees in Fraserburg en op 22 Augustus by die MMADD-toneelfees op Montagu opgevoer.
Die akteurs in die verhoogstuk was Zandré Eksteen (gr. 12), Karla Marais en Marizanne Venter (gr. 10), Ricus van Wyk en PJ le Roux (gr. 9) en Anri van der Westhuizen en Stacy-Leigh Lourens (gr. 8)
Vyf van die goue toekennings was vir regie, klank, rekwisiete, kostumering en dekor terwyl Marizanne Venter, Karla Marais en Zandré Eksteen goue medaljes vir hulle spel verdien het.
Die stuk as geheel het 'n silwertoekenning ontvang en akteurs wat silwer verdien het was: Zandré Eksteen, Ricus van Wyk, Anri van der Westhuizen, Stacy-Leigh Lourens en PJ le Roux.
Albei toneelfeeste is provinsiale feeste en albei trek spelers van ver buite die provinsie waarin hulle plaasvind. Die Logan-toneelfees vind in die Noordkaap plaas, dit is 'n ATKV-geborgde fees en trek hoër- en laerskole vanuit verskeie omliggende provinsies.
Die MMADD-toneelfees op Montagu vind in die Wes-Kaap plaas en trek hoër- en laerskole vanuit verskillende omliggende provinsies.
In een van die tonele is, van links: Zandré Eksteen, Anri van der Westhuizen, Stacey-Leigh Lourens en Rikus van Wyk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'