OUDTSHOORN NUUS - Rolandé Eyssen, 'n Graad 9 leerder by Langenhoven Gimnasium, is een van slegs vier leerders in Eden wie se kunswerke deur die WKOD gekies is as finaliste vir 'n kompetisie.
Die WKOD bied jaarliks die Celebration of Art-kompetisie vir leerders vanaf Gr R tot Gr 9 aan.
Daar is drie kategorieë; Gr R tot Gr 3, Gr 4 tot Gr 6 en Gr7 tot Gr 9. Leerders se kunswerke wat hulle by die skool voltooi het, word in streekverband voorgelê vir keuring.
Rolandé se kunswerk van 'n donkie wat sy met oliepastelle geksep het, is een van die kunswerke wat gekies is om die streek te verteenwoordig.
Die kunswerke word vanaf Augustus by 'n galery by die V & A Waterfront in Kaapstad uitgestal.
Die finale wenners in die verskillende graadfases word op 5 Oktober tydens 'n galageleentheid aangewys.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'