OUDTSHOORN NUUS - Twee leerders verbonde aan Langenhoven Gimnasium, Keandrè Thysse (gr.9) en JD Hendricks (gr.10) is onlangs gekies vir die o.16 Elsie Coetzer hokkie-uitnodigingspan (ECHS) wat van 1 tot 9 Oktober na Nederland toer.
Gedurende die toer sal die span vier wedstryde speel en twee afrigtingsklinieke bywoon.
Hierdie uitnodiging-span is gekies uit spanne wat uit 350 spelers bestaan wat aan ECHS - afrigtingsklinieke sowel as ECHS-toernooie van regoor Suid-Afrika deelgeneem het.
Vir spelers om dus in aanmerking te kom vir hierdie span, is 'n merkwaardige prestasie.
Die blootstelling wat hierdie hokkiespelers teen internasionale spelers sal opdoen, is ook van onskatbare waarde vir toekomstige geleenthede as beroepspelers.
JD Hendricks. Foto's: verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’