OUDTSHOORN NUUS - Inwoners word herinner aan Woensdagaand se gesprek oor die distrikskomitee wat hulle wil begin.
Deelname aan die Eden-distrikskomitee is oop vir enige rolspelers, belanghebbendes en meningsvormers in die kunste, toerisme, en besigheid vanuit hierdie gemeenskap.
Die gesprek vind Woensdag om 17:30 op Oudtshoorn by die Queen’s Hotel by BON Hotels plaas. Belangstellendes kan vandag teen 17:00 aanlyn RSVP https://kknk.co.za/
Doel van die komitee
Die Eden-distrikskomitee is ’n komitee wat uiteindelik saamgestel word uit lede van die Eden-distrik en dien in ’n adviserende hoedanigheid vir sekere aspekte, soos nodig.
Hierdie komitee dien ook as ’n sleutelrolspeler vir kommunikasie van die KKNK en sy projekte aan belangegroepe en rolspelers in die groter Eden-distrik.
Die tweede geleentheid vir deelname aan gesprekke oor die KKNK Eden-distrikskomitee word op Donderdag 21 September by die King George Hotel in George aangebied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’