OUDTSHOORN NUUS - Twee mense is lig beseer toe die voertuig waarin hulle was, vroeër vanaand teen 'n vragmotor gebots het.
Volgens aanvanklike inligting blyk dit dat die Cressida en 'n sleepwaentjie deur 'n ander voertuig gesleep was.
In De Rust se hoofstraat het die sleeptou of sleepstang skynbaar gebreek en die Cressida met die sleepwa agter aan hom, het 'n stilstaande vragmotor van agter getref.
Die voertuie was vanaf Calitzdorp na die Oos-Kaap onderweg.
'n Amptelike verklaring van die polisie sal aangevra word.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'