Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Gesin van vyf het vanmiddag uit hulle huis gevlug sekondes voordat 'n reuseboom op die huis geval het.
Dit was die tweede boom wat die huis getref het.
Die eerste een het die stoepgedeelte te pletter geval en die gesin het onmiddelik by die agterdeur uit gevlug.
Sekondes later het die tweede bloekomboom omgeval en op die huis geval. Niemand is beseer nie.
Die wind, hael en reën het op verskeie plekke in Oudtshoorn skade aangerig en dit het sowat 'n uur gelede weer begin reën.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'