In die vrystelling uitgereik deur DA Hoofsweep, Flip de Swardt sê hy die DA-Koukus is glad nie verbaas oor die bedanking van Raadsheer Standers as DA-lid nie.
“Dit beteken dat hy met onmiddelike effek nie meer lid van die Stadsraad is nie en sy kantoor dadelik moet ontruim.
“Raadsheer Standers se optrede die afgelope dae spreek van sy politieke opportunisme en onvolwassenheid. Ons glo dat hy dalk reeds voelers na ander politieke partye uitsteek om sy politieke loopbaan daar voort te sit – politieke partye wie hy tot onlangs nog met alle mag geopponeer het.
Dit gaan dus nie vir hom oor beleid of dienslewering nie, maar om sy eie belange. George se politieke landskap lê bestrooi met voorbeelde van politieke trekvoëls, waarvan hy ‘n uitstekende voorbeeld is. Ons wil hom verseker dat hy dieselfde pad as hulle sal loop en het in die politieke woestyn beland.
ARTIKEL: ILSE SCHOONRAAD, GEORGE HERALD-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'