OUDTSHOORN - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het die week in 'n verklaring gesê dat hulle die vereistes en reëls wat toegepas gaan word met die verkoop van tweedehandese goedere- en skrootwerf handelaars, streng gaan begin toepas.
Op 7 Junie het die Oudtshoorn-munisipaliteit, Oudtshoorn-munisipale wetstoepassing, Suid-Afrikaanse-polisie dienste (SAPD), Telkom, Transnet en die voertuigdiefstal-eenheid 'n gesamentlike werkswinkel vir verskeie tweedehandse goedere-en skrootwerf handelaars aangebied.
Die doel van die werkswinkel was om te fokus op die verskeie kwessies rakende prosedures en gesondheidsrisiko's binne die skrootwerwe en om strenger op te tree wanneer dit by die tweedehandse goederewet kom.
Die wet op tweedehandse goedere (Wet 6 van 2009) beoog om die handel in tweedehandse goedere en pandjieswinkels te reguleer, handel in gesteelde goedere te bestry, etiese standaarde in die tweedehandse goederehandel te bevorder en voorsiening te maak vir sake wat daarmee verband hou.
Die wet bepaal verder in artikel 21 (1) dat "tensy anders in hierdie wet bepaal, 'n handelaar 'n register in die voorgeskrewe vorm moet hou en die voorgeskrewe besonderhede rakende elke verkryging of wegdoening van tweedehandse goedere in die register moet opneem." Die SAPD het reeds 'n forum gestig en vergaderings word maandeliks gehou om toesig te hou oor die reëls en regulasies wat gevolg word en ook om tweedehandse goederehandelaars en skrootwerfhandelaars te lei.
As deel van die gebeurlikheidsplan om vandalisme en diefstal van munisipale- en private eiendom te bekamp, is die doel van die forum om bewustheid onder inwoners, tweedehandse goederehandelaars en skrootwerfhandelaars te skep.
Die fokus van die forum is om, kwessies aan te spreek waar eiendomme gevandaliseer is, streng prosesse te volg om aan te voldoen rakende die verkoop van goedere, om 'n verhouding met die polisie te bou, asook om oortreders in te lig oor die gevolge wat 'n mens in die gesig staar wanneer jy gesteelde goedere verkoop.
Die gesamentlike taakspan het verskeie skrootwerwe tydens die operasie besoek en positiewe terugvoering en samewerking van hierdie besigheidseienaars ontvang.
Chad Louw, Oudtshoorn-burgemeester, is optimisties oor hierdie onderneming en het gesê dat die stigting van hierdie platform waar tweedehandse materiaal aan die goederehandelaar verkoop word, geïdentifiseer en opgespoor kan word deur 'n identifikasieproses te gebruik, die pad vorentoe is om veilige woonbuurte te skep waar gemeenskappe kan floreer.
"Hierdie proses sal polisiëring op items wat deur die verkopers gesteel is vergemaklik. Die verskaffing van identifikasie wanneer die materiaal verkoop word, sal veroorsaak dat oortreders vasgetrek word.
Ambrose Carelse, omgewings- en erfenisbeampte van die munisipaliteit, is ook bekommerd rakende die verbranding van onbekende materiaal op die terreine sonder die nodige permitte.
"Dit is belangrik om te verseker dat hierdie brande die nodige permitte het om seker te maak dat dit nie 'n gesondheidsrisko vir die gemeenskap inhou nie."
Meer gesamentlike operasies sal uitgevoer word om te verseker dat daar aan die vereistes voldoen word, en om te verseker dat hulle verantwoordelikheid teenoor die omgewing geimplemeteer word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'