Update
OUDTSHOORN NUUS - Die polisie het gister bevestig dat geen klag van dronkbestuur ondersoek word na ‘n botsing tussen ‘n motor en ‘n motorfiets Saterdagoggend nie.
Die botsing het plaasgevind toe ‘n silwer Mercedes vanuit Van der Rietstraat voor ‘n motorfiets in Bron van Reedestraat in gery het.
Die motorfietsryer het die motorfiets voor die botsing laat val en sodoende ernstige beserings voorkom.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is daar aanvanklik berig dat ‘n klag van dronkbestuur geopen is, maar dit is verander na roekelose of nalatige bestuur.
Volgens Visser was daar drie mense in die Mercedes en kon daar nie op die toneel bepaal word wie die motor bestuur het nie.
Die eienaar van die motor het aan die Oudtshoorn Courant gesê hy het nie bestuur nie, want hy het gedrink. ‘n Ander persoon is op die toneel in ‘n polisievoertuig gelaai maar later weer laat gaan.
Visser het gesê dat ‘n klagte van dronkbestuur bygvoeg kan word indien “getuienis daarop dui dat die bestuurder onder die invloed van drank was”.
Visser vra Indien daar mense is wat die Mercedes gesien ry het voor die botsing of dalk na die botsing gesien het wie bestuur het of uit die voertuig geklim het, word hulle gevra om met die polisie in aanraking te kom.
Lees 'n vorige artikel: Motorfietsryer in botsing beseer
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'