OUDTSHOORN NUUS - Vrese wat Vrydagaand onder ’n aantal mense ontstaan het dat ‘n pasiënt in die Mediclinic Klein Karoo opgeneem is wat moontlik die Corona-virus onder lede het, is ongegrond.
Die Oudtshoorn Courant het Vrydagaand ‘n navraag aan Hannes Stegmann, hospitaalbestuurder van die Mediclinic Klein Karoo, gestuur nadat inligting van ‘n moontlike Corona-geval ontvang is.
Stegman het vanoggend bevestig dat ‘n oorsese toeris Vrydag by Mediclinic Klein Karoo opgeneem en in isolasie geplaas is.
“Die NICD (National Institute for Communicable Diseases) het vandag sy COVID-19 toetsuitslag as negatief bevestig waarna hy ontslaan is,” het Stegman vandag gesê.
(Intussen het daar ‘n berig op sosiale media verskyn waarin gesê word dat ‘n Oudtshoorniet glo getoets is vir die virus en in ‘n hospitaal in die Wes-Kaap is. Dit is nie duidelik of dit ‘n verwysing na dieselfde geval is nie.)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'