- Woon die skool getrou by.
- Let op in die klas, luister en maak aantekeninge.
- Vra die onderwyser indien dele van die werk onduidelik is.
- Spandeer ekstra tyd aan vakke wat moeilik is.
- Maak seker dat huiswerk en opdragte op dieselfde dag gedoen word waarop dit ontvang is - moenie uitstel nie.
- Doen moeite met take wat ingehandig moet word en doen ekstra navorsing.
- Beplan ure na skool om buitemuurse aktiwiteite en studie volgens 'n rooster te doen.
- Leerders moet 'n plek by die huis benut waar hulle ongestoord huiswerk kan doen.
- Begin vroegtydig vir toetse en eksamens voorberei.
- Ouers moet op hoogte bly met die skoolprogram - woon oueraande en vergaderings by.
- Ouers kan hulle kinders motiveer met positiewe opmerkings en ondersteuning.
- Ondersteuning beteken nie ouers moet opdragte en take namens leerders doen nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'