Die beste van hierdie deelnemers sal deurdring tot die tweede ronde van die kompetisie wat in Wonderboom, Pretoria sal plaasvind van 14 tot 19 September.
Na afloop van daardie kompetisie, word `n weermagspan gekies wat op hul beurt deel sal neem teen die mediese afdeling, lugmag en vloot.
Die kompetisie wat van 4 tot 8 Augustus plaasvind is straf en toets verskeie aspekte van stamina en krag.
Lede hardloop in volle Infanterie-uitrusting en sandsakke. Uitmergelende verrassingsitems sorg ook dat die senuwees vooraf erg sal knaag.
Op die laaste dag word 'n afstand van 25 kg gestap met `n bykomende 15 kg in elkeen se rugsak.
Die Infanterieskool het die eerste en tweede rondes van die kompetisie in 2013 gewen. WO2 Melissa van Rooyen is die enigste oorblywende lid van daardie span en was ook die kategoriewenner in haar ouderdomsklas.
Die span se hoofborg is Camp Roadhouse en hulle is ook dankbaar teenoor me. Geldenhuys, wat die hemde se stikwerk gedoen het en elkeen wat `n bydrae gelewer het.

Die Infanterieskool se lede wat vandag vertrek om aan die Fittest Soldier-kompetisie in Limpopo deel te neem is LW Seautlweng, ZZ Phakathi, M van Rooyen, Kn Mncwabe, AC Botes, MM Mofolo, MJ Buys, IR Gous, NW Khumalo, HE Potgieter, ZW Sosibo, PJ Peters, DC Nkosi, LR Molale, KR Mokhali, BM Zililo en SB Bobe. By die groep staan Jaco Vorster, Zonia Brink (Camp Roadhouse) en Lindi de Beer. Foto: Hans vander Veen
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'