OUDTSHOORN NUUS - 'n Inwoner van De Hoop buite Oudtshoorn is Dinsdagoggend oorlede kort nadat sy met haar fiets in 'n botsing met 'n motor betrokke was.
Isabel Nel (65) was 'n ywerige fietsryer en volgens 'n persoon na aan haar het sy elke oggend gaan fietsry.
Die ongeluk het op die R62 (Calitzdorp-pad) tussen die Volmoed- en Lategansvlei afdraaie gebeur.
Die omstandighede van die ongeluk is nog nie bevestig nie.
Lees meer in hierdie week se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'