OUDTSHOORN NUUS - Reuben Terblanche (11) ’n lewendige, slim gr. 6-leerder van Laerskool Wesbank in Oudtshoorn se lewe het tydens ’n naweek saam met sy familie in Swellendam in ’n oogwink verander.
Tydens die naweek is sy linkeroog met ’n aalwyn deurboor wat dadelik sy sig ingevaar gestel het. Reuben het dadelik na sy ma, Chrisna, gegaan en genoem sy oog is baie seer en dat hy dit nie kan oopmaak of kan sien nie.
Toe sy ouers, Jacques en Chrisna Terblanche, besef sy oog is erger beseer as wat hulle aanvanklik gedink het, het hulle hom onmiddellik vir mediese sorg geneem.
In gesprek met Chrisna noem sy dat sy oog se lens op 1 Maart uitgehaal en sy kornea deur dr. Frik de Jager, ’n oogspesialis van Oudtshoorn geheg is.
“Hy het ons ingelig dat die oog se retina waarskynlik ook beseer is en moes Reuben vir ’n tweede operasie in George gaan, waar dr. Johannes Meyer sy retina herstel het en die oorblywende lens uitgehaal het.”
Volgens haar kan Reuben slegs beweging en kleur sien. Met nadere ondersoek was is vasgestel dat die sny regdeur sy kornea duidelik sigbaar is.
Hy moet nou Kaapstad toe gaan vir ’n kornea-oorplanting wat deel vorm van orgaanskenking.
“Die operasie sal in die volgende twee weke plaasvind en is baie duur aangesien die kornea van die VSA ingevoer moet word vir die oorplanting.
Besoek https://www.backabuddy.co.za/campaign/eye-believe-in-reuben vir meer inligting oor die veldtog.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’