TUINROETE | KAROO NUUS - Eden Photographic Society (EPS) het op 12 April weer eens ‘n suksesvolle byeenkoms in die Diaz Hotel gehou.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings. April se voorgeskrewe onderwerp was Macro - It’s a bug life.
Wenfoto's
FOTOGALERY: Eden Photographic Society se April foto's
Die algehele wenfoto's van April is:
- Groep A wenner: Anton la Grange se Alone on my Boat (visuele kuns).
- Groep B wenner: Sakkie Haarhoff se Widow Spider (voorgeskrewe onderwerp).
Meriete-toekennings:
- Voorgeskrewe onderwerp - Johan van Aarde se Crap Spider.
- Landskappe - Anton la Grange se Close to Deadvlei.
- Ope afdeling - Johan Steyn se Kleindobbertjie Familie.
- Visuele kuns - Anton la Grange se Alone on my Boat.
Algehele wenfoto van die maand - Groep B - Sakkie Haarhoff se Widow Spider (voorgeskrewe onderwerp).
Besoekers is welkom om die klub se foto-beoordeling by te woon.
Dit vind elke tweede Dinsdag van elke maand om 19:00 plaas. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub kan Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan na ons Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Kategoriewenner - Carien Kruger se So naby (natuur).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'