Update
OUDTSHOORN NEWS - Twee pype het laatmiddag op die hoek van Hof en Parkstraat gebars met heelwat water wat oor die pad gespoel het.
Christo Vermaak, woordvoerder van die burgemeester se kantoor is die betrokke departement op die toneel om herstelwerk te doen.
“Ons is bewus van die twee barspype, asook een in Jan van Riebeeckweg naby Hoërskool Oudtshoorn. Die betrokke departement is reeds by die een in Jan van Riebeeckweg en sal so gou moontlik by die een op die hoeke van Hofstraat en Parkweg wees.”
Die verkeersdepartement reguleer tans die verkeer maar, word motoriste gemaan om ’n ander roete te oorweeg.
VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’