KLEIN KAROO NUUS - 'n Groot groep 2021-matriekleerlinge van Langenhoven Gimnasium het by die skool bymekaargekom om hul matriekuitslae te ontvang. Volgens Stephanus Potgieter, die skoolhoof, is hy ongelooflik trots op die leerders.
FOTOGALERY: 2021 Matrieks kry uitslae
"Dit was 'n besondere moeilike twee jaar vir elke leerder wat hier staan. Ons as onderwysers was bekommerd oor 'n paar van die leerders, maar vandag kan ek sê ons is regtig trots op julle."
Volgens hom het 138 leerders uit die 139 matriek geslaag.
Die skool spog ook met15 A-kandidate en 98 A-simbole. Die skool se graadgemiddeld is 63,8%.
Die skool se top-20 is as volg:
- Lilani Nel 90,1%
- Hannelize Olivier 88,4%
- Tanishka Janse van Vuuren 87,7%
- Johannes van der Walt 85,6%
- Marelé Snyman 84,6%
- Benjamin Thomas 84,3%
- Chrizelle Alberts 84,1%
- Welmari Delport 83,1%
- Ro-lize Oosthuizen 82,1%
- Anine Siebrits 81,7%
- Lydia le Roux 81,6%
- Monique Snyman 81,1%
- Karla Esterhuizen 80,6%
- Monique Fourie 80,4%
- Pierre du Plessis 80,3%
- Marcus Tredoux 79%
- Chrisna Vogel 78%
- Chanté Botha 77,7%
- Antonio Upman 76,7%
- Danelle Conradie 76,4%
Ladismith Sekondêr se 2021-matrieks het 'n slaagsyfer van 92% behaal.
Die toppresteerders van Ladismith Sekondêr is Shamilla Morris en Maronique Quantiney.
Die matrieks van Ladismith Sekondêr het 'n 100% slaagsyfer in die volgende vakke: Verbruikerstudie, Toerisme, Engels en Lewensoriëntering.
Hoërskool Ladismith se matrieks spog met 'n slaagsyfer van 86%.
Rudi Edwardes was die toppresteerder by Hoërskool Ladismith.
Uit die 204 matrikulante by Bridgton Sekondêr het 164 geslaag wat 'n algehele slaagsyfer van 80,4 % vir die skool beteken.
Verder spog die skool met een A-kandidaat (Deedra Claassen) en 59 universiteitstoelatings sowel as 12 A vakgemiddeldes. Volgens Claassen beplan sy om in haar ouers, Werner en Rowena Claassen se voetspore te volg om ook eendag 'n onderwyser te word.
Fezekile High this year achieved an overall pass rate of 84,9 improvement an improvement of 13,4% from the previous year with 32 students who secured bachelors status.
The schools top student Nganadange Lovemore, indicated that he plans to attend UJ or Wits to study computer science.
"Protea is nou op die map en 'n skool om op trots te wees." Dit was Vrydag die woorde van die Hoofmeester van die Hoërskool Protea, Granwell Strydom, toe hy die uitslae van die eerste matrikulante van die skool aangekondig het.
Die skool spog met 'n slaagpersentasie van 87,9% met 29 van die 33 kandidate wat die matriekeksamen van 2021 geslaag en een wat nie al sy vakke geskryf het nie.
Die klas van 21 het in vyf van die sewe vakke wat die skool aanbied 100% slaagsyfers bereik.
Volgens Strydom het die skool se eerste matrikulante 'n standaard gestel vir vanjaar se matrikulante en hulle geloof vir wat hulle bereik het.
Hy het ook die matriekopvoeders, van wie 90% vir die eerste keer vir matrikulante klas gegee het, bedank vir hul harde werk, asook die ouers en beheerliggaam vir hul ondersteuning die afgelope twee jaar.
Strydom het 'n beroep op vanjaar se matrikulante gedoen om voort te bou op wat hul voorgangers gedoen het.
Die skool se drie toppresteerders was Lizanne Herwel, Lekesha Kiewitz en Shane-Lee Melight.
Die voorsitter van die skool se beheer-liggaam, Mina Hufke, het aan die Klas van 21 gesê om te onthou waardeur hulle gekom het en dat dit die Here was wat hulle deurgedra het.
Sy het 'n beroep op hulle gedoen om wanneer hulle eendag dokters en professore is, terug te kom en nie hul rûe op die skool te draai nie.
Hoërskool Môrester het ook puik presteer met 'n verbetering van 16,4% teenoor die vorige jaar.
Vanjaar se slaagpersentasie was 73,3% teenoor die vorige jaar se 56,9%.
Matrikulante van Aurial Kollege spog met hul matrieksertifikate. Foto: Garnett Wicomb
Gimmies se topvyf is, van regs: Lilani Nel, Hannelize Olivier, Tanishka Janse van Vuuren, Johannes van der Walt en Marelé Snyman. Foto: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'