OUDTSHOORN NUUS - Blain de Villiers, die eienaar van Pit Stop het Sondagoggend om 00:40 by sy huis aan 'n hartaanval beswyk.
Volgens Blain se seun, Deon, was sy pa die afgelope twee maande reeds siek en hy het gekla van pyn. Blain is sowat drie jaar gelede met kanker gediagnoseer, maar het goed herstel.
Hy het 'n pasaangeër gehad aangesien hy vroeër reeds hartprobleme ervaar het.
Pit Stop, wat deur blain se pa, Deon Snr, begin is, het verlede jaar hulle 50ste bestaansjaar gevier. Blain was ook 'n swembadkenner wat uitgebreide swembaddienste gebied het.
Volgens Deon gaan die onderneming soos gewoonlik voort, maar sal waarskynlik die dag van 'n roudiens gesluit wees. Die datum is nog nie bepaal nie.
Blain het op 5 Oktober 53 geword en dit was ook die 28ste huweliksherdenking van hom en Ilse.
Blain laat sy vrou, Ilse, sy ouers en seun Deon agter. Die Oudtshoorn Courant betuig hiermee ons innige meegevoel met die naastebestaandes.
Die herdenkingsdiens sal Vrydag om 15:00 by die NG Moedergemeente plaasvind.
Die besigheidsperseel in Voortrekkerweg waar Pit-Stop en Pools-Stop tans is.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'