OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant het vroeg vanoggend verneem dat die eggenoot van raadslid Maggie Titus, Preston, laas nag oorlede is.
Volgens inligting wat nog nie amptelik deur die polisie bevestig is nie, het die man aan steekwonde beswyk.
Die polisie ondersoek die misdaad, maar geen verdere inligting is op hierdie stadium bekend nie.
Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, het vanoggend op die munisipaliteit se Facebookblad, sy medelye met die naasbestaandes van die oorledene betuig.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'