TUINROETE NUUS - Die eenheid vir dowes wat pas by Carpe Diem skool in George geopen is, bring nuwe hoop vir ouers wat voorheen hul dowe kinders op 'n baie jong ouderdom moes wegstuur vir vroeë skoolopleiding.
Dit is die eerste van sy soort in die Suid-Kaap omdat dit kinders van so jonk as drie jaar kan inneem.
Die eenheid se amptelike opening op Maandag 3 Februarie is bygewoon deur 'n groep beamptes van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) asook die skenkers wat gehelp het om die skool gereed te kry.
Elzeth Grobler, hoof van Carpe Diem, sê hulle het ure en ure se werk ingesit om 'n huis op die perseel in 'n skool vir dowe kinders te omskep.
Die skool het reeds 'n paar kinders ingeneem en Grobler vertel dat hulle in ekstase is oor die wonderlike nuwe toevoeging tot die skool.
Sy verduidelik dat kinders vanaf driejarige ouderdom tot agt jaar oud by hulle sal skoolgaan, en dan na 'n skool soos die De La Bat skool vir dowes op Worcester sal gaan.
"Dit beteken ouers kan saam met hul kinders leer en betrokke wees omdat hulle naby die huis is." Direktoraatprogrambestuurder vir dowe en outistiese onderwys, Minna Steyn, sê die eenheid was een van haar laaste projekte voor sy aftree.
Lees meer op ons susterskoerant, George Herald.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'