TUINROETE NUUS - EDENfm het verlede week verneem dat die stasie tans met 188 000 luisteraars per weekdag spog. Dit is ook grootste luisteraarstal van al die gemeenskapstasies in die Wes- Kaap en die derde grootste in Suid-Afrika.
Dié goeie nuus het bekend geword nadat die tweede navorsingsyfers vir 2020 deur die BRC (Broadcast Research Council) gepubliseer is. Daar is altesaam 41 gemeenskapstasies in die Wes-Kaap en 263 in die land.
EDENfm val in die gemeenskapsradiosektor wat in streke uitsaai. Ander sektore van radio in Suid-Afrika sluit openbare radiostasies (RSG, 5FM en Umhlobo Wenene FM) in wat aan die SAUK behoort en landwyd uitsaai, asook kommersiële-radiostasies wat deur aandeelhouers en privaat konsortiums besit word.
EDENfm val in die gemeenskapsradio-kategorie wat as 'n nie-winsgewende maatskappye of trust bestuur word en hoofsaaklik streekgebonde plaaslike nuus uitsaai.
Volgens die stasiebestuurder, Morné Pietersen skryf EDENfm sy sukses toe aan ‘n toegewyde personeel en lojale luisteraars.
"Radio is steeds een van die mees gebruikte mediaplatforms omdat dit gratis en onmiddellik is. Die radiostasie het veral tydens die inperkingstyd ‘n uitstekende rol gespeel om sy luisteraars aan die gang en ingelig te hou."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'