DYSSELSDORP NUUS - Die saak teen 'n man van Dysselsdorp, wat van roof met verswarende omstandig-hede aangekla is, maar slegs aan diefstal skuldig bevind is, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir vonnisverrigtinge uitgestel nadat die verdediging vir 'n korrektiewe verslag gevra het.
Henrico Loggerenberg (23) is daarvan aangekla dat hy op 18 Mei 2019 vir Geroniso Lewis in 'n spazawinkel in Gelantstraat, Dysselsdorp, met 'n mes gedreig en van R750 kontant beroof het.
Loggerenberg, wat in 2014 aan poging tot moord skuldig bevind is en toe tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis is, het onskuldig gepleit op die aanklag van roof met verswarende omstandighede, maar wel skuldig aan diefstal.
Lewis het getuig dat sy nie met 'n mes gedreig is nie en eers die wapen gesien val het toe Logerenberg weggehardloop het met die geld.
Streeklanddros Sylvia Mandla, het Loggerenberg gevolglik net aan diefstal skuldig bevind en die saak vir 'n korrektiewe verslag en vonnis tot 6 Mei uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'