Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Inwoners van Dysselsdorp het hierdie week ingespring om die dorp skoon te maak.
Charlton Botha van die Dysselsdorp Youth Development Centre het op Facebook gesien dat Trapsuutjies-projekte deel is van die ICC (International Coastal Cleanup) en het hulle gekontak om so ‘n projek op Dysselsdorp te hou.
Trapsuutjies en Dysselsdorp Youth Development Centre het die skoonmaakprojek vir Dinsdag 29 September beplan en die reaksie van inwoners was oorweldigend.
Aan die einde van die dag het 80 vrywilligers 215 vullissakke propvol rommel gestop wat in die klofie tussen Kock- en Kleinhansstraat opgetel is.
Fotogalery: Inwoners maak Dysselsdorp skoon
Volgens Marilize Beer van Trapsuutjies-projekte is data oor elke stukkie rommel wat opgetel is versamel.
Die data word aan Plastics SA gestuur wat wat dit dan in 'n internationale databasis laat opneem.
Volgens haar sal die syfers van alles wat tydens ICC-projekte regoor die wêreld opgetel is, vroeg volgende jaar vrygestel word.
Besoek Trapsuutjies se Facebookblad vir inligting oor hulle projekte.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
80 Vrywilligers 215 vullissakke propvol rommel opgetel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'