OUDTSHOORN NUUS - Regter NC Erasmus het vandag in die hooggeregshof in George die dringende aansoek van die Oudtshoorn-munisipaliteit wat op 30 Augustus aan hom voorgehou is toegstaan en beslis dat die besluit nie in werking gaan tree tot die hersieningsaansoek afgehandel word nie.
Volgens Christo van der Bergh, van Coetzee en Van der Bergh Ingelyf, wat die saak namens die munisipaliteit behartig, sal die hersieningsaansoek die wettigheid van die raad se besluit op 27 Augustus bepaal.
Die munisipaliteit het die dringende aansoek tot die hof gebring na raadslede van Icosa (2), Sarco (1), EFF (1) en ANC (9) op 27 Augustus tydens 'n raadsvergadering saamgespan om die waarnemende munisipale bestuurder, Reginald Smit, terug te skuif na sy pos as direkteur van korporatiewe dienste en hom met iemand van buite, Walter Hendricks, te vervang en vir Zoë Lesia as waarnemende direkteur van gemeenskapsdienste aangestel.
'n Hersieningsaansoekaanstel moet nou eers afgehandel word waarna daar bepaal sal word wie die kostes van regsaksies sal dra.
'n Datum vir die hersieningsaansoek is ook nog nie bepaal nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'