CALITZDORP NUUS - Drie verdagtes het Maandag in die hof op Calitzdorp verskyn in verband met die moord op 'n bekende gemeenskapslid en diereliefhebber van die dorp.
Twee van die verdagtes is minderjarig.
Die toewyding en vinnige optrede van lede van Calitzdorp-polisie het tot die arrestasie van die drie verdagtes gelei wat met die moord op Lourens de Villiers (66) van Calitzdorp verbind word.
Sersant Chris Spies, Suid-Kaapse kommunikasiebeampte, het hierdie week bevestig dat die drie verdagtes die afgelope naweek aangekeer is. De Villiers se liggaam is verlede week by sy woonplek by die Visarend-kampeerterrein langs die Calitzdorp-dam gevind.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'