OUDTSHOORN NUUS - Laasnag se Donderstorm oor Oudtshoorn het plek-plek ‘n spoor van verwoesting gelaat.
‘n Pragtige gesig het Oudtshoorniete gegroet toe die son ondergaan, maar terseldetyd het ‘n sterk wind opgesteek en die welkome reën vergesel.
Verskeie bome is ontwortel.
Die Oudtshoorn-munisipaliteit moes sedert vroeg vanoggend opruimingswerk doen.
By Tfasa-vliegskool is ‘n gedeelte van die ligte vliegtuie se stoordakke afgewaai.
Volgens Stephen le Roux van Tfasa, is geen skade aan die vliegtuie aangerig nie.
“Die omvang van die skade aan die dak is nog onbekend.”
Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder, het vanmiddag gesê die munisipaliteit se rampbestuur-eenheid is besig om ‘n verslag saam te stel oor die omvang van die skade op Oudtshoorn.
Bome soos die een in Bloemstraat is ontwortel deur die sterk wind.
Lees 'n verwante artikel: Sterk winde waai bome om
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'