Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Op die derde vergunningsdag waartydens mense toegelaat word om maatskaplike toelae te kry, is die middedorp vandag steeds besig.
Terwyl daar steeds rye mense by betaalpunte wag om toelae te kry, is supermarkte baie besig.
By verskeie supermarkte, apteke en ander winkels wat noodsaaklike dienste verrig het mense reeds vanoggend tou gestaan.
Die regering het 'n vergunning gegee dat taxis hierdie week daagliks tussen 05:00 en 20:00 passasiers mag vervoer om toelae te ontvang, maar dit blyk dat dit nie slegs die ontvangers van toelaes is wat dorp toe beur nie.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'