Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die fees is reeds drie dae aan die gang en Oudtshoorn is behoorlik 'n miernes van bedrywighede.
Vandag, 26 Maart se gratis vermaak op die Baron van Reedestraat-verhoog begin om 10:00 met Alzanley. Daarna volg Rubber Johnny (11:00), Uit volle bors-finaliste (11:20), Conrad Koch (11:45), Lizz vir gesels met Lizz Meiring & gaste (12:15), Hoërskool Outeniqua Jazz Band (14:00), Sarel Kleinhans (14:20), Frazer Barry in gesprek (15:00), Etienne Steyn (16:00), Die VIA Klankbank Kroeg-quiz met Arno Greeff (17:00), Tino (18:00), Jakkie Louw (18:20), Uit volle bors-wenner (18:50) en Pret Kadet (19:00).
Binne-in die feesterrein gaan dit ewe jolig. Daar is heelwat plaaslike inwoners met stalletjie - ondersteun hulle gerus.
Gaan kuier by die Absa-kuierkamer waar die Reborne Band om 14:30 hul talente, maar ook iets van hul eie stories met gehore gaan deel, besoek die kosstalletjies en bederf die kleinspan by die Pretpark.
Klik op die skakel om te sien wat op vandag se KKNK-program is.
Fotogalery: Dit is lekker by die kunstefees!
Kaartjies:
Jy het ’n keuse tussen dagkaartjies, of feeskaartjies teen ’n besparing indien jy langer kom kuier. Onthou om jou kaartjies vir die Feesmark (soos jou teaterkaartjies) vooraf te koop, aangesien kaartjies wat vooraf gekoop is goedkoper as by die hekke of deure is.
Dagkaartjies
- 23 tot 30 Maart
R80 per dag (volwassenes)
R100 per dag (15 tot 22 Maart)
R120 per dag (by die hekke) - 31 Maart
R50 (volwassenes)
R60 (15 tot 22 Maart)
R70 (volwassenes vanaf 23 Maart)
Weekkaartjies
Volwassenes
R490 vir ’n Feeskaartjie (al 9 dae)
Pensionarisse
R345 vir ’n Feeskaartjie (al 9 dae)Slegs by KKNK-kantoor beskikbaar
Kaartjies vir kinders
Tussen 7 en 13 jaar
R30 per dag (23 tot 31 Maart)
Jonger as 7 met ouerbegeleiding - gratis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’