Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee voorvalle van diefstal laasnag by munisipale eiendom, beteken nie slegs duisende rande se skade nie, maar het ook 'n hele aantal persele sonder krag gelaat.
In die eerste voorval het iemand drie heiningpale van 'n veiligheidsheining rondom 'n kragstasie gesteel. Die heining is onlangs teen meer as R100 000 opgerig.
Terwyl 'n munisipale amptenaar 'n verklaring aan die polisie op die toneel afgelê het, het hy 'n boodskap ontvang van 'n groot transformator in Bridgton wat oopgebreek is en omliggende persele sonder elektrisiteit gelaat het.
By nadere ondersoek is vasgestel dat 'n ysterdeur van die transformator afgesteel is en 'n lengte kabel gesteel is. Twee ysterdeure van die transformator is ook afgebreek en gesteel.
Kyk 'n video hieronder.
Terwyl 'n munisipale amptenaar 'n verklaring aan die polisie op die toneel afgelê het, het hy 'n boodskap ontvang van 'n groot transformator in Bridgton wat oopgebreek is.
'n Ysterdeur van die transformator is afgesteel en 'n lengte kabel is gesteel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'