CALITZDORP NUUSFLITS - 'n Man van Calitzdorp met 'n ellelange lys van vorige veroordelings en wat al twee keer gewaarsku is dat hy as gewoontemisdadiger verklaar kan word, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn-streekhof uiteindelik as gewoontemisdadiger verklaar.
Streeklanddros Daniël Boks het met die vonnisoplegging van die Jeffrey Tiemie (35) gesê dat vorige middelmatige vonnisse wat hom opgelê is duidelik nie die gewenste uitwerking op hom gehad het nie en dat hy uit gewoonte misdaad pleeg.
Die vonnisse het geen noemenswaardige afskrikkingswaarde gehad nie en die beskuldigde se misdaadrekord lees soos 'n boek, het die landdros gesê.
Tiemie is vir die dertiende keer aan huisbraak en diefstal skuldig bevind nadat hy op 9 Februarie vanjaar, kort nadat hy weer vrygelaat was, by die Calitzdorp Country House van Niel Rogers ingebreek en Port ter waarde van sowat R850 gesteel het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'