OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn het verlede Sondag sy eerste "deurry-babatee" ervaar.
Henley Scholtz en Amoré Abrahams se eerste seuntjie word in Augustus gebore en weens die Covid-regulasies kon daar nie vir haar 'n regte babatee gehou word nie.
Haar ma, Danel Rogers, het toe vir haar 'n deurry-babatee gereël waar vriende en familie van Scholtz en Abrahams verby hul huis gery en geloop het en geskenkies vir die nuwe mamma en baba afgegee het. Abrahams sê dit was vir haar 'n groot verrassing en sy is dankbaar aan elkeen wat deelgeneem het.
"Ons sien vreeslik baie uit na Alexander se koms en julle het dit vir ons soveel meer spesiaal gemaak. Baie dankie."
Vriende moes hul afstand hou toe hulle die geskenkies aan die nuwe mamma oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'