OUDTSHOORN NUUS - Verskeie veiligheidsinstansies het vanmiddag by Queens-winkelsentrum bymekaargekom om bewusmaking en sigbaarheid van misdaadbekamping in die dorp te skep.
Die organisasies wat deelgeneem het sluit onder andere provinsiale verkeer, verskeie sekuriteitsmaatskappye, Oudtshoorn- sakekamer, Oudtshoorn-munisipaliteit en die Oudtshoorn-polisie in.
'n Konvooi voertuie van het vanaf die Queens-winkelsentrum deur die dorp en dele van Bridgton en Bongolethu gery waarna hulle in Parkweg geeindig het om 'n worsbroodjie te geniet.
Daarna gaan al die instansies aan 'n deurnag- massapatrollie deur die dorp deelneem. Hierdie inisiatief is deur AfriForum gereël.
Verskeie veiligheidsinstansies het vanmiddag by Queens-winkelsentrum bymekaar gekom om bewusmaking en sigbaarheid van misdaadbekamping in die dorp te skep. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'