OUDTSHOORN NUUS - Die handwerkmark wat in Augustus langs die CP Nel-museum ontstaan het, sal in Desember elke Saterdag plaasvind.
Die munisipaliteit het goedgunstiglik toestemming daartoe verleen. Entrepreneurs wat hulle eie produkte vervaardig stal op die laaste Saterdag van elke maand uit.
Aangesien die meeste produkte puik en bekostigbare Kersgeskenke kan wees het stalletjiehouers gevra dat die mark meer gereeld in Desember plaasvind.
Die volgende mark is Saterdag 25 November en daarna elke Saterdag tot 30 Desember. Daar was met die afgelope vier markte 'n gemiddeld van 16 stalletjies per mark.
Vir navrae skakel Hannes by 083 467 1522.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'