Update
DE RUST NUUS - Twee jong mans wat die afgelope naweek in 'n ongeluk op die De Rust-pad gesterf het, se name is aan die Outshoorn Courant bekend.
Bertrum Michaels (22) en Jacklin (Boytjie) Prinsloo (26) se familie het vanmiddag met die koerant gesels.
Volgens Michaels se ma, Sarahlene Michaels, het haar seun saam met vier ander vriende Vrydagaand in Dysselsdorp gaan kuier.
Die ongeluk het gebeur toe hulle op pad terug huis toe was.
Die motor waarmee hulle gery het, 'n Volkwagen Golf, het met 'n betonversperring langs die pad gebots. Prinsloo en Michaels is opslag dood.
Inligting wat vandag ontvang is van 'n derde persoon wat na die botsing gesterf het kon nog nie bevestig word nie.
Jacklin (Boytjie) Prinsloo
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'