De Rustica se olyfolie was 3 van 36 wat goue medaljes verower het. Dié olyfolies van die 2016 oesjaar is verlede Donderdag tydens die SA Olive gala-dinee as die beste in Suid-Afrika vereer.
Die De Rustica Estate Delicate EVOO (Extra Virgin Olive Oil) het goud in die Delikaat-kategorie gewen. In die medium-kategorie het die De Rustica Estate Medium EVOO vir goud gesorg en hulle De Rustica Estate Intense EVOO het met die die landgoed se derde goue medalje gespog. De Rustica was een van slegs vyf produsente wat elk met drie goue medaljes kon spog.
Die landgoed se De Rustica Estate Reserve en De Rustica Mountain Reserve is elk met 'n silwermedalje beloon.
'n Span professionele proeërs onder leiding van Dr Antonio G Lauro van Italië, het die medalje-aanspraakmakers omsigtig individueel geëvalueer in terme van kwaliteit, kompleksiteit en balans van aroma en smaak tydens 'n vierdag se blinde proe.