OUDTSHOORN NUUS - De Rust ondervind die afgelope week weereens ‘n waterprobleem.
Volgens Aurelia Oliphant, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, is die waterprobleme aan die oostelike kant van die Klein Karoo landelike waterskema water sekere plase van water voorsien, sowel as in Dysselsdorp.
“Dit is as gevolg van die Eskom-kragonderbrekings wat reeds drie dae na mekaar gebeur het.
"Die probleem sal so gou moontlik uitgesorteer word. Dysselsdorp se water kom van ondergrondse waterbronne en is van elektrisiteit afhanklik,” het sy gesê.
Volgens Oliphant word die waterprobleem in De Rust deur ‘n verstoping in die hoofwaterpyp wat na die dorp gaan veroorsaak.
“Ons werk daaraan ook.”
Intussen het die Oudtshoorn Courant ook inligting van ‘n inwoner van De Rust ontvang dat die water vir die afgelope drie dae weer bruin en ondrinkbaar is.
Die Oudtshoorn Courant het ’n navraag aan die munisipaliteit gestuur om te vra of hulle weer inwoners van water sal voorsien tot die water weer drinkbaar is. Terugvoer sal gegee word sodra dit ontvang is.
Klik hier vir verwante artikels:
- Nog 'n terugslag vir De Rust
- Water steeds nie drinkbaar
- Waterkrisis steeds nie opgelos
- De Rust-inwoners kwaad oor water
- De Rust-waterkrisis: Skenkings benodig
- De Rust-waterkrisis: Reën kan dinge vererger
- Waterskenkings stroom in vir De Rust
- De Rust nog tot volgende week in waterkrisis
- Nòg water vir De Rust
- De Rust steeds in waterkrisis
- Opvolg: Waterkrisis in De Rust
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'