Update
DE RUST NUUS - Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, het 'n verklaring uitgeryk oor die vermiste vrou van De Rust.
Volgens Spies is Shareen Swartz net na 18:00 vanmiddag gevind.
"De Rust-polisie staan haar by en is in die proses om haar met haar familie te herenig."
Sover vasgestel kan word is sy ongedeerd. Verdere inligting oor haar verdwyning en waar sy gevind is, is nie bekend nie.
Die polisie het almal wat gehelp het om haar te kry, bedank.
Vorige artikel: 26-jarige van De Rust vermis
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'