DE RUST NUUS - Lede van die De Rust-polisie se Gemeeskap Polisiëring Forum (GPF,) in samewerking met die geestelike misdaadvoorkoming, buurtwag en Jeugforum het Dinsdag 24 September ‘n feestelike program aangebied by Blomnek-sportgronde in De Rust.
Die geleentheid was ter viering van Nasionale Erfenisdag en die hele gemeenskap kon deel in die pret.
Oudtshoorn Lutherse Kerk se Brigade-orkes het almal op die veld gelei, waarna die plaaslike trompoppies en rymkletsers hul talente ten toon gestel tot groot vermaak van die gemeenskap.
Die GPF bedank die gemeenskap hartlik vir hul samewerking en ondersteuning.
Hulle het ook hul dank teenoor die lede van die De Rust-polisie en betrokke organisasies wat bygedra het tot die sukses van die dag uitgespreek.
Die plaaslike trompoppies het opgetree.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’