BEAUFORT-WES NUUS - Creative Art School (CAS) op Beaufort-Wes gaan na 14 jaar steeds van krag tot krag.
Die skool het voor verlede Saterdagaand sy jaarlikse afsluitingsfunksie in 'n stampvol saal van die NG Kerk Gamka-Oos gehou saam met verskeie dansgroepe met die tema CAS/Beaufort-Wes Dance Celebration.
Die dansskool, onder leiding van Liesle Prince, is oop vir almal en enige ouderdom en bestaan tans uit 'n groep van 40 dansers.
"Ons mandaat en visie is gebou op Esegiël 37:14, 'om lewe te bring in mense se lewens.'"
Hulle tree op by versorgingsoorde vir bejaardes, skole of by enige ander funksie.
Creative Art School was die eerste dansskool wat in 2005 op Beaufort-Wes op die been gebring is, en volgens Prince is al die leiers van ander dansskole op Beaufort-Wes, dansers wat onder haar hande uitkom.
Prince kan vir optredes geskakel word by 062 946 4018.
Creative Art School se dansers na afloop van Saterdagaand se suksesvolle konsert. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'