OUDTSHOORN NUUS - Daniel Anker van Van Reede Skool het op 23 Januarie aan die Eden-tweekampproewe in Oudtshoorn deelgeneem waar hy o. 15-kleure ontvang het. Wat sy prestasie so besonders maak is dat hy saam met hoërskoolleerders deelgeneem het.
Op 3 Februarie het hy aan die Highgate interprovinsiale tweekampbyeenkoms deelgeneem waar daar meer as 540 atlete vanuit sewe provinsies meegeding het. WP het die kompetisie gewen, Boland het tweede plek behaal en Eden derde.
Intussen het hy aan die Junior Liga Eden-proewe deelgeneem. Daar is drie ligas in die kompetisie.
By die Eden junior kampioenskappe het hy goud verwerf vir 50 m-borsslag, 100 m-vryslag en 50 m-rugslag. Hy het ook deelgeneem aan die 50 m-vryslag en 100 m-vryslag.
Hy het Eden op 27 April in Somerset-Wes by die Wes-Kaapse vryslagkampioenskappe. verteenwoordig waar hy een silwer- en twee bronsmedaljes ingepalm het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’