LADISMITH NUUS - 'n 24-jarige man van Elsiesrivier veskyn vandag in die Ladismith-landdroshof op 'n aanklag van handel in dagga nadat daar gister 2,565 kg dagga in sy besit gevind is.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het lede van die misdaadvoorkomingseenheid gereageer op 'n wenk van die gemeenskap.
"Die beamptes het 'n taxi in Jonathanstraat. Nissenville gestop.
"Die taxi is na die Ladismith-polisiestasie geneem waarna dit deursoek is.
"Die dagga is in die bagasie van die beskuldigde gevind waar dit in drie plastieksakke verpak was."
Cederas sê die dagga was na bewering vir 'n dwelmhuis in Hendrickstraat, Nissenville bestem.
Die Stasiebevelvoerder lt.kol. Jakobus Marthinus het die gemeenskap geloof vir hul samewerking om dwelmhandelaars aan die polisie te rapporteer.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'