KLEIN KAROO NUUS - 'n 34-jarige man van Bergsig, Calitzdorp is die week op borgtog van R1 000 in die Ladismith-landdroshof vrygelaat na hy verlede Sondag vir handeldryf in dagga in hegtenis geneem is.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het lede van die sigabare polisiëringseenheid Sondag 18 November om 22:06 inligting opgevolg en 'n taxi, wat op pad was na Oudtshoorn gestop en deursoek.
"Dagga van ongeveer 20kg, wat in 'n boks versteek was, is gevind. Die verdagte het erken dat dit wel sy dagga was en hy is in hegtenis geneem. Die waarnemende hoof van sigbare polisiering, a.o. Isaac Kamfer, het die lede geloof vir hul vasberadenheid om dwelms uit te roei.
"Hy het die gemeenskap aangemoedig om voort te gaan om inligting aan die polisie te verskaf."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'