OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie, in samewerking met die provinsiale en munisipale verkeersdepartement, het op jeugdag ‘n plaaslike laerskool besoek as deel van die deurlopende pad-inisiatief.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder was Daantjie die Kat die gas van die dag en was die doel van die besoek om leerders, veral dié wat skool toe en terug stap, van voetgangerveiligheid te leer.
Daantjie die Kat het leerders die moets en moenies geleer wanneer hulle voetoorgange nader, asook die belangrikheid van padtekens. Sy boodskap is goed ontvang.
Brigadier Sussana Crafford, stasiebevelvoerder van Oudtshoorn, het die deelnemers verseker dat soortgelyke inisiatiewe op die kaarte is as deel van verskeie kinderveiligheidsbewusmakingsveldtogte.
Sy het dank en waardering oorgedra aan alle belanghebbendes wat die geleentheid ondersteun het.
Daantjie die Kat se boodskap is goed ontvang:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’