Breaking News
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester het die raad se medelye uitgespreek met die afsterwe van raadslid Pieter Luiters vanoggend, 24 Februarie.
Luiters was DA raadslid van Wyk 13 en ook 'n lid van die burgemeesterskomitee.
Die oorledene het 'n stryd teen kanker gevoer. Luiters is kort voor twaalfuur vandag by sy huis oorlede.
Begrafnisreëlings moet nog getref word.
Die speaker van Oudtshoorn, Julia le Roux, het ook haar medelye gegee nadat sy pas van raadslid Luiters se afsterwe verneem het.
Luiters was die hoofsweep van die DA in Oudtshoorn.
Sy afsterwe beteken ook dat daar 'n tussenverkiesing in Wyk 13 gehou sal word.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'