OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Colour Run wat deur die Oudtshoorn Infanterieskool aangebied word, het Vrydagoggend by die NA Smit-swembad weggespring.
Hierdie 5 km-pretloop het deel uitgemaak van die Infanterieskool se program vir Wêreldvigsdag wat Saterdag plaasgevind het.
Die Wes-Kaapse gesondheidsdienste het ook ’n mobiele kliniek by NA Smit-swembad gehad waar atlete en die publiek hulle gratis kon toets vir die MI-virus. Berading was ook beskikbaar.
Altesaam nege spanne en 150 atlete het vanjaar deelgeneem. Inskrywingsgeld per atleet was R5 en R50 vir ’n span van 10 lede.
Die span van die Oudtshoorn polisie-akademie is vanjaar aangewys as die wenners van die pretloop.
Hulle het al die vigsverwante vrae by die stoppunte korrek beantwoord, en het ook die wedloop as die algehele vinnigste span voltooi.
Die atlete het voor die begin van die Colour Run in die Infanterieskool se ouditorium bymekaar gekom waar hulle ’n inligtingsessie oor die gevare en stigmas van MIV/Vigs bygewoon het.
Die span van die Oudtshoorn polisie-akademie. Foto's: Wyndham Ewerts
Kerse is ook aangesteek as ’n simbool van hoop.
Volgens kapt. Marlene Basson, koördineerder van die pretloop, was die dag baie suksesvol, en hoop hulle om volgende jaar selfs meer deelnemers te lok.
Die jongelinge het hulle gate uit geniet.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'